Visie en missie

photo-1527963841590-34ea3172750d.jpg

Agtergrond

As ’n manier om belangstelling in die vergelykende bestudering van Afrikaanse en Nederlandse literatuur te kweek, bied Samespraak ’n aanlyn platform vir nagraadse studente en postdoktorale ondersoekers van die Lae Lande en Suid-Afrika (maar ook Pole, Tsjeggië, Duitsland, Namibië, Suriname, Curacao en Aruba). Die forum dien as ’n platform waarop seminare, leesgroepe en werkswinkels gefasiliteer word. Aangesien lede van die studiegroep in verskillende lande woon, word ontmoetings nie tot ’n enkele residensiële universiteit beperk nie, maar vind gereelde ontmoetings aanlyn plaas.

Hoe werk die lesings?

Ons poog om maandeliks ‘n skrywer, digter, akademikus, vertaler, uitgewer, joernalis, kortom, enige woordwerker, uit te nooi om mee ‘n gesprek te voer, of om ‘n referaat oor sy/haar werk te lewer. Die belangrike is dat die werk van belang moet wees vir die uitbouing van die Afrikaans en Neerlandistiek in Suid-Afrika.

Gedurende 2021 en 2022, het ons ‘n meer gestruktureerde navorsingsplatforms gehandhaaf. Vanaf 2023, werk ons met ‘n meer gemaklike formaat, waar ons maandeliks woordwerkers uitnooi om by ons aan te sluit. Indien jy meer te wete wil kom van die Samespraak-platform, kontak gerus vir Alwyn Roux by erouxap@unisa.ac.za.

Hoe werk die blogs?

Jy is meer as welkom om vir ons ‘n bloginskrywing aan te stuur oor jou werk in die studieveld van Afrikaans en Neerlandistiek. Stuur gerus jou bydrae aan Alwyn Roux by erouxap@unisa.ac.za.

Hoe die lesings werk